Goeiemore julle, kan ons asseblief nog steeds bid vir Amanda...na die operasie gaan dit nie baie goed nie...by voorbaat dankie dat ons vir mekaar kan intree en ondersteun.
Eugene | 2 years |
ʼn Vriendin van my, Amanda, is in Glynwood Hospitaal opgeneem vir n operasie aan haar spysverteringskanaal (dun en dikderm). Man ons bid vir n suksesvolle operasie en volkome herstel asseblief?
Eugéne | 2 years |
Ek vra asseblief dat God groot wonderwerke laat geskied. My finansiele crisis sal beeindig.
Ook pleit Ek deur God se genade dat my voet operasie spoedig en sonder enige komplikasies sal genees.
In Jesus naam. Amen.
Elaine | 2 years |
Bid asb vir Hardus se gesondheid.
Dat my voet volkome sal herstel sonder 'n operasie
Vir Louis se algehele gesondheid, sy leierskap op ons groep
Ons veilig op die paaie bewaar sal word.
Baie dankie♡
Annali | 2 years |
Kan ons asb bid vir alle besighede...groot en klein...in besonder ook vir my besigheid...ek het n belegger wat saam my in die besigheid gaan, dat ons kan bid vir die regte leiding, insig en wysheid.
Baie dankie
Eugene | 2 years |
Bid asb vir my swaer Nico wat terug is by die huis na 3mnde in die hospitaal. Vir sy herstel, fisies, emosioneel en geestelik.
Tokkie | 2 years |
Bid asb vir Past Gerhard Vermaak van Stanford vir finansiële uitkoms.
Louis | 3 years |
Bid vir Hardus Pienaar wat moet gaan vir skanderings en opvolg dr besoek.
Annali | 3 years |
Hilgard het donderdag van Tanzania af gekom. Saterdag het die Dr hom gestuur vir Malaria en Covid toets. Gelukkig was dit negatief. Die Dr het vir hom vandag gesê hy het een of ander infeksie/virus. Sou die medisyne wat hy nou gebruik is Gebed.